On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap: Twee vas vir kabeldiefstal

───   09:50 Sat, 20 Aug 2022

Noord-Kaap: Twee vas vir kabeldiefstal | News Article

Die Sol Plaatje-munisipaliteit is oortuig daarvan dat 'n sindikaat Kimberley se infrastruktuur teiken.

Munisipale woordvoerder, Thoko Riet, sê twee mans is tans onder polisiebewaking in 'n plaaslike hospitaal nadat hulle probeer het om die kabels van die Roodepan-begraafplaas mini-substasie te steel.

Die mans het ernstige brandwonde opgedoen kort nadat hulle die substasie geteiken het.

Inligting van die gemeenskap het daartoe gelei dat die stad se elektriese span gereageer het, en die mans is op die toneel gevind.

LEES OOK: Sol Plaatje disconnects, restores power at Northern Cape government buildings

Riet sê hulle vermoed die mans kon betrokke wees by die onlangse skade aan infrastruktuur en diefstal van kabels wat groot dele van die stad Donderdag in die donker gelaat het.

Inwoners van onder meer Jacksonville, White City asook omliggende woonstelle en die Roodepan-polisiestasie is Donderdag geraak.

Riet voeg by dat die moontlikheid dat die mans betrokke kan wees by 'n sindikaat wat die stad se infrastruktuur onlangs geteiken het, tans ondersoek word.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.