On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Tekort aan skoon linne kortwiek Noord-Kaapse hospitaal

───   09:53 Sat, 20 Aug 2022

Tekort aan skoon linne kortwiek Noord-Kaapse hospitaal                                                                                                                                                       | News Article
PHOTO: OFM News

Die onbeskikbaarheid van onderdele is die rede hoekom alternatiewe planne gemaak moes word om te verseker dat die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal skoon linne het.

Dit is volgns die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap se woordvoerder, Lulu Mxekezo.

Sy sê die departement erken dat daar ‘n vertraging in die diens van die wassery se stoomopwekkers was weens die onbeskikbaarheid van parte.

Mxekezo voeg by dat slegs een spesialis-vakman die stoomopwekkers kan diens, en hy behoort teen die einde van Augustus die werk te voltooi.

LEES OOK: Northern Cape Health to address backlogs

Die departement is intussen volgens Mxekezo besig om planne te beraam om verouderde infrastruktuur te vervang.

Die department se reaksie volg op bewerings deur die woordvoerder oor gesondheid vir die Demokratiese Alliansie, Dr. Isak Fritz, dat die hospitaal vuil linne na Upington stuur, en dat ‘n tekort aan skoon linne dienslewering by die hospitaal vertraag.

Fritz het ook ‘n parlementere vraag ingedien om vas te stel hoeveel die oor-en-weer vervoer van linne vanuit Kimberley na Upington die departement kos.

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.