Central SA
Soektog geloods vir vermiste seun van vermoorde skilder─── 07:14 Fri, 26 Aug 2022
Die polisie in Upington, in die Noord-Kaap, het die hulp van die publiek aangevra in die opsporing van Gert Meyer.
Meyer is die seun van die internasionaal bekende landskapskilder Walter Meyer, wie in 2017 deur sy vrou vermoor is.
Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Ompile Masegela, sê die 28-jarige Meyer word sedert Maandag vermis.
Masegela voeg verder by dat Meyer ‘n psigiatriese pasient is, wat laas in die Middelpos woonbuurt gesien is.
Meyer was ook gereeld in die sentrale sakegebied opgemerk.
Masegela vra dat enigiemand met inligting aangaande waar Meyer himself mag bevind die polisie moet skakel.
OFM-nuus/Roderick Titus
