On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes gesoek ná Matjhabeng-werker moord

───   HEIDRÈ MALGAS 10:50 Sun, 04 Sep 2022

Verdagtes gesoek ná Matjhabeng-werker moord | News Article

Volgens polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, is die drie moordverdagtes steeds op vrye voet nadat 'n gesin op 23 Augustus 2022 omstreeks 21:00 by hul huis aangeval en ontvoer is, en die man noodlottig gewond is.

"’n 57-jarige werknemer van die Matjhabeng-munisipaliteit was by sy huis en het (televisie]) in sy sitkamer gekyk met sy gesin toe daar ’n klop aan die deur was, en drie onbekende gewapende verdagtes die huis binnegekom het.”

Luidens die verklaring is die slagoffer en sy vrou oorval en met skoenveters vasgebind en agter op die bakkie gedwing, wat in die erf geparkeer was wat aan die munisipaliteit behoort. Hulle is daarna na 'n ou vulstasie in Saaiplaas, Virginia, vervoer. 

LEES OOK: Investigations into Matjhabeng sewer death continue

“Die vrou was ongedeerd, maar die man is later by 'n stortingsterrein naby die ou vulstasie gevind. Hy het drie skietwonde aan sy kop, bors en wang opgedoen. Sy hande was steeds vasgebind.”

Die man is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.

Persone met inligting, wat kan lei tot die inhegtenisname van die moordverdagtes, kan speurkonstabel, Khaya Matinisa van Virginia-speurdienste kontak by selfoonnommer 082 301 3062, of Crime Stop by 08600 10111.

Diegene met inligting kan ook van die MySAPS-toepassing gebruik maak.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.