On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein krane droog ná pyp bars

───   KEKELETSO MOSEBETSI 07:51 Tue, 06 Sep 2022

Bloemfontein krane droog ná pyp bars | News Article
Die toneel waar 'n waterpyp gebars het. FOTO: Mangaung Metro Facebook

Sommige inwoners van Bloemfontein in die Vrystaat het Dinsdagoggend met droë krane wakker geword nadat 'n pyp gebars het.

Die Mangaung Metro-munisipaliteit het Maandag 5 September 2022 'n waarskuwing uitgereik dat dele van die stad sonder water kan wees nadat ‘n pyp tussen Leeuwkop- en Brandkop-reservoirs in Pellessier gebars het.

Die woordvoerder, Qondile Khedama, sê die suidelike deel van Bloemfontein sal die meeste geraak word.

Bloem Water is besig met herstelwerk wat bykans 36 uur sal neem om te voltooi.

Khedama het inwoners, skole, besighede en ander verbruikers in dié dele versoek om die nodige reëlings te tref totdat die herstelwerk voltooi is. Tenkwaens sal intussen op strategiese punte geplaas word. 

LEES OOK: Mangaung loses 46% of its water due to leakages

Die metro is voorheen al deur woedende inwoners gekritiseer oor gebrekkige waterdienslewering.

Tydens pres. Cyril Ramaphosa se Imbizo in Bloemfontein het die minister van water en sanitasie, Senzo Mchunu, gesê dat die metro meer as 40% van sy water weens lekkasies verloor.

Dít nadat OFM-nuus berig het dat sy departement beplan het om water- en sanitasieportefeuljes van minstens drie Vrystaatse munisipaliteite oor te neem.

LEES OOK: AG exposes Mangaung’s failed infrastructure maintenance

Maande later het die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, in haar ouditverslag genoem dat die metro nie sy infrastruktuur behoorlik in stand hou nie. Volgens haar oudit het die metro minder as 2% van sy infrastruktuurbegroting aan herstelwerk en instandhouding bestee.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.