On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Jong kunstenaars nou VIP’s by bekende supermark

───   HEIDRÈ MALGAS 12:59 Thu, 08 Sep 2022

Jong kunstenaars nou VIP’s by bekende supermark | News Article
Foto: verskaf

Jong kunstenaars van die ouderdom van 5-10 jaar oud kon hul kuns vaardighede ten toon stel deur vir die SPAR-gesinsportretkompetisie in te skryf.

Lizè van den Berg (5), van Potchestroom was een van die ongelooflik talentvolle wenners in die kompetisie nadat die skool wat sy bywoon haar tekening vir die kompetisie ingeskryf het.


Volgens Lizè se ma, Carnia van den Berg, moes sy ’n familieportret teken en ook beskryf hoekom sy besluit het om die portret te teken en meer van haar gesin vertel.


“Die pryse wat Lizè gewen het is ’n geraamde sertifikaat, ’n ‘little artist’ badge, goodiebag vol lekkers, R1000 Spar geskenkbewys en haar prentjie kom op Spar se trokke,” sê Carnia.


Haar ma vertel dat sy mal oor teken en skryf is en dat sy baie trots is op haar dogter met hierdie prestasie.


Lizè is 'n van 60 wenners landwyd, met wenners regoor sentraal Suid-Afrika.


Jordan Irshad John van Stilfontein in die Noordwes was ook een van die gelukkige wenners.

Jordan Irshad John se tekening. FOTO: Verskaf


Luidens ’n verklaring deur SPAR het meer as 10 000 kinders gestem en ingestem. Families regeer! Inskrywings in waterverf, koki-pen, potlood en waskryt van regoor die land het ingestroom vir ons SPAR Binnelandse Familieportrette-kompetisie, en 60 jong kunstenaars is gekies – hul kunswerke sal binnekort aan die kante van SPAR-afleweringsvragmotors vertoon word.


Die werk van die 60 finaliste sal nou groter as die lewe gedruk word en verskyn op 10 SPAR afleweringsvragmotors wat regoor die land reis.


Vir die 60 wenners eindig die opgewondenheid nie daar nie. Hulle sal junior BBP-beroemdhede word by hul plaaslike SPAR-winkel. Elkeen sal 'n sertifikaat en R1 000 SPAR koopbewys ontvang.


Lizè vertel dat haar papa ‘n ‘superhero’ hemp in haar tekening aan het omdat hy haar held is.


“My mamma het ‘n blommetjie hemp aan want sy is so mooi soos ‘n blom, my boetie het ‘n sterretjie hemp aan want hy is my gunstelling en dan ‘n aarbei, want as ek aan SPAR dink, dink ek aan hulle aarbeie,” sê Lizè.


Caria vertel dat hulle nooit kon droom dat sy sou wen nie en nie ‘n foto van die kunswerk geneem het nie.


OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.