On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse hospitaal gasheer vir bekende oogspesialis

───   16:00 Wed, 14 Sep 2022

Noord-Kaapse hospitaal gasheer vir bekende oogspesialis | News Article
PHOTO: Twitter

Die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington speel tans gasheer vir die bekende Swaziland-oogspesialis, dr. Jona Pons.

Volgens die hospitaal se dr. Hans Hendriks word dr. Pons deur die Discovery Foundation gefinansier, en het hy 'n span van drie ander mediese dokters wat hom daagliks bystaan met soveel as 35 pasiënte met katarakte en ook ander oog- of sigkwale by die hospitaal se multi-miljoenrandse oogfasiliteit.

Hendriks sê operasies vind daagliks tussen 08:00 en 18:00 plaas, met die doel om ten minste 100 operasies tydens Pons se tyd in die land uit te voer.

Dr. Pons het reeds gehelp om 'n groot deel van Mosambiek en Swaziland se gesondheidsgeriewe te verbeter.

Verskeie ander uitreikveldtogte sal ook binne drie tot vier weke na die Namakwa- sowel as ander streke in die provinsie van stapel gestuur word.

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.