Central SA
Operasie Vhuthu Hawe verseker suksesse─── 11:27 Sat, 17 Sep 2022
Operasie Vhuthu Hawe tussen Niekerkshoop en Hopetown het verskeie suksesse verseker.
Dit sluit die inhegtenisname van twee gesoekte verdagtes in.
Polisiewoorderder in die Noord-Kaap, Olebogeng Tawana, sê in ‘n verklaring dat 214 voertuie afgetrek en deursoek is.
Hiervan is 146 vir padwaardigheid getoets, terwyl 496 persone by die padblokkade ook deursoek is.
Tawana sê boetes ter waarde van R3 000 is uitgereik, en drie huise is vir dwelms deursoek.
Hy voeg verder by die polisie sal voortgaan om padblokkades by die R357 te hou om misdaad in die gebied hok te slaan.
OFM-nuus/Roderick Titus
