On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap man vas vir veediefstal

───   11:04 Sun, 02 Oct 2022

Noord-Kaap man vas vir veediefstal | News Article
FOTO: Verskaf

Die Noord-Kaapse polisie het beslag op 'n skaapkarkas en 14 skape gelê, en 'n 42-jarige man in hegtenis geneem.

Daar is ook op sy Toyota Venture beslag gelê. 

Drie verdagtes wat op die vlug geslaan het, is steeds soek. Die polisie se Johhny Besnaar, van die John Taolo Gaetsewe-streek, sê misdaad in die gebied sal nog met wortel en tak uitgeroei word. 

Hy voeg by die samewerking van die publiek in die stryd teen misdaad is van kardinale belang. 

Hy sê verder die soektog na die ander verdagtes duur voort, terwyl die 42-jarige binnekort in die hof sal verskyn op aanklagte van veediefstal.

OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.