On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Amerikaner se verlof om appèl misluk

───   15:20 Wed, 05 Oct 2022

Amerikaner se verlof om appèl misluk | News Article

'n Lid van die Ephraim-geloofsgroep, wat op 16 Maart saam met 20 ander lede op 'n plaas minstens 10 kilometer buite Upington in hegtenis geneem is, se appèl teen die weiering van borgtog het in die Noord-Kaapse Hooggeregshof in Upington misluk.

Die waarnemende regter, C.K. Kgopa, het die pa van vier minderjarige kinders se appèlaansoek van die hand gewys. Dit, hangende 'n aansoek om uitlewering aan die Verenigde State van Amerika weens die beweerde ontvoering van sy vier kinders.

21 Amerikaanse burgers is tydens 'n spesiale operasie op die plaas gevind sonder die nodige dokumentasie om in die land te wees. Die verdagte se naam mag weens die sensitiwiteit van die saak nie bekend gemaak mag word nie.

Hy is deur Regter Kgopa ingelig dat sy aansoek weens die erns van die aanklagte waarop hy teregstaan – onder meer die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, asook sy vorige misdrywe rakende vuurwapens, sy geskiedenis van gesinsgeweld, en sy onwettige status binne Suid-Afrika - nie oorweeg kan word nie.

Sy visum het verval, en hy het ook geen werk of permanente verblyfreg of familiebande met Suid-Afrika nie, het Regter Kgopa aangevoer.

Ten slotte het die regter aangevoer dat die belange van geregtigheid sy besluit om die appèl van die hand te wys, regverdig.

Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerer, Mojalefa Senokoatsane, sê die verdagtes sal weer op 1 November in die hof verskyn. Die pa van die kinders is by 'n Upington Korrektiewe Dienste-fasiliteit in aanhouding, terwyl die kinders in die sorg van hulle ma geplaas is.

OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.