Central SA
Wees nóg meer presies met hommeltuie─── 11:41 Thu, 03 Nov 2022
Sponsored11:41 Thu, 03 Nov 2022
NWK Meganisasie het onlangs 'n reeks hommeltuigpakkette tot sy produkreeks gevoeg waarmee boere nog meer akkurate toedienings sal kan doen.

Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy wou bou op die sukses van die presisieboerderyspan by NWK Meganisasie/MechXpert en Landboubestuursdienste en die DJI Agricultural Drone-reeks pas perfek by hul visie.
Die T30 kom kompleet met 'n 30-liter spuittenk en opsioneel met 'n 40-liter strooitenk. Die 30-liter spuittenk dek tipies 1 hektaar en kan realisties agt tot 10 hektaar per uur spuit. Die spoed en hoogte waarteen die hommeltuig 'n produk spuit, bepaal grootliks die hoeveelheid hektaar wat per uur gedek kan word. Daar kan ook tot en met vyf hommeltuie op een afstandbeheerder koppel word, elkeen op sy eie roete.
Die hommeltuig word met drie batterye voorsien wat elk vir 'n 1 000 siklusse gewaarborg word. Die vinnige herlaaier wat deel van die pakket vorm, kan 'n battery binne slegs 10-minute vol laai. Die herlaaier verbruik egter baie krag binne 'n kort tyd en moet verkieslik saam met die geskikte kragopwekker ingespan word.
Daar is tans drie pakkette binne die DJI T30 Agras Agricultural Drone-reeks by NWK Meganisasie beskikbaar:
- Pakket 1 – bestaan uit die basiese pakket wat drie batterye, 'n vinnige herlaaier, strooier-apparaat, die hommeltuig self asook 'n bykomende afstandbeheerbattery, alluminiumbattery en hommeltuigkaste insluit.
- Pakket 2 – hierdie pakket bevat alles van pakket 1, asook 'n dieselkragopwekker waarmee die vinnige laaivermoë van die laaier benut kan word.
- Pakket 3 – bykomend bevat hierdie pakket 'n RTK-basisstasie en driepootstaander. Dit is ideaal vir enige tipe boombespuitings, soos pekanneute of sitrusbome waar dit regtig belangrik is om tussen die boorde te kan vlieg of om bo elke boom te stop en in die kroon van die boom te spuit.
Vir navrae, skakel Frikkie by NWK Meganisasie by 060 835 0357.
Elsabe Richards-May het met Jacobus Claassens, operasionele bestuurder van Landboubestuursdienste by NWK, en Frikkie Bronkhorst, bestuurder van heelgoedere en presisieboerderytoerusting by NWK Meganisasie, gesels oor die landbou hommeltuie:
