On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Versamelaars kan uitsien na jaarlikse messkou

───   HEIDRÈ MALGAS 16:00 Thu, 03 Nov 2022

Versamelaars kan uitsien na jaarlikse messkou | News Article

Die jaarlikse messkou in Bloemfontein vind hierdie naweek plaas waar versamelaars mesmaakbenodigdhede, mesbykomstighede en soveel meer mesverwante materiaal kan koop en ander se kuns kan aanskou.

Gerhard Wiese vertel dat die Bloemfontein-mesklub in 1990 gestig is en dat dit die enigste skou van sy soort in die Vrystaat en die Noord- Kaap is.

Hy vertel die belangrikste om na te kyk wanneer jy 'n handgemaakte mes wil koop, is die balans en die gevoel in jou hand.

“Ons het ook ‘n manier wat ons vir jou ‘n spesifieke mes kan maak, absoluut volgens die grote van jou hand. Wanneer jy byvoorbeeld ‘n mes by my koop, het jy ‘n lewenslange waarborg waarvolgens ek dit  enige tyd vir jou skerp sal maak. En as daar iets met hom gebeur, maak ek hom reg,” sê Wiese.

Hy sê ’n messkou het reëls. Eerstens vat jy nooit aan iemand se meslem nie, nie net omdat dit tussen 20-40 ure se kunswerk is nie, maar ook omdat dit nie van pas is om met hande wat dalk vetterig of vuil is aan 'n mes te vat nie.

“Mens moet in elk geval wegbly van die skerp kant van ‘n mes, en hou altyd die mes se punt na onder toe - mens loop nie met ‘n mes in die lug nie.
"Hoe skerper 'n kombuismes, hoe veiliger is jy want wanneer ‘n mes stomp is het jy altyd beheer oor waar die mes gaan wanneer jy byvoorbeeld 'n tamatie sny nie,” vertel Wiese.

Hy sê met ‘n skerp mes het jy meer beheer en maak jy jouself nie so dikwels seer nie.

“Die messe wat ek maak en verkoop word meestal gebruik as kampmesse, slag- of jagmesse,” vertel hy.

Neels van den Berg doen ook ‘n messmeer-demonstrasie en hy gaan wys hoe hy staal warm maak en dit met 'n hamer in ‘n mesvorm slaan.

Die messkou vind hierdie naweek plaas: Vrydag, 4 November 2022 van 16:00 – 21:00 en Saterdag, 5 November 2022 van 08:00 - 15:00. Die toegangsfooi is R30 by Bobbiespark, 63 Hippocrateslaan, Hospitaalpark.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.