On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Sanral bereid om R708 te onderhou

───   HEIDRÈ MALGAS 15:23 Fri, 11 Nov 2022

Sanral bereid om R708 te onderhou | News Article

Die Demokratiese Alliansie (DA) neem kennis van die SA Nasionale Padagentskap (Sanral) se aanbod om die instandhouding van die R708-pad tussen Winburg en Theunissen oor te neem.

Volgens die DA-parlementslid, George Michalakis, moet die Ministerie van Vervoer 'n skriftelike pleidooi van die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, in ontvangs neem waarin die departement versoek word hierdie deel van die pad as 'n nasionale hoofweg, onder beheer van Sanral, aan te wys. 

“As deel van die kontrakteur-ontwikkelingsprogram, is Seqhobong Construction in die 2021/20-boekjaar teen R7,7 miljoen aangestel om slaggate hier te herstel. Hierdie werk is nooit gedoen nie. Die pad is nou in 'n lewensgevaarlike toestand. Die Vrystaatse provinsiale regering het bewys dat hy nie tans in staat is om die pad reg te maak nie,” sê Michalakis.

’n DA-voorstel dat Premier Ntombela so ’n versoek aan die Ministerie van Vervoer rig, is gister oorweldigend deur die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur.

Michalakis sê die DA het die Premier versoek om dadelik namens die gemeenskap en R708-gebruikers aan die minister te skryf. “Ons sal ook verdere navrae doen om vas te stel watter ander van die Vrystaatse padnetwerk wat 2819km beslaan, Sanral sal wees bereid om van beheer te neem."

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.