Central SA
R30-pad tussen Allanridge, Bothaville word herstel─── BAMBATHA GIKO 12:45 Wed, 16 Nov 2022
’n Onafhanklike kontrakteur gaan die R30-pad tussen Allanridge en Bothaville in die Vrystaat herstel.
Vrystaat Landbou se Jack Armour sê die Vrystaatse Departement van Paaie vergader vandag met boere en inwoners in Allanridge, aangesien die slegte toestand 'n struikelblok vir boere se produksie is.
Die sleutelpunte van bespreking sal wees of die pad heeltemal afgesluit moet word, wat padgebruikers sal dwing om 'n alternatiewe roete te gebruik. Alternatiewelik kan hulle van die stop-en-ry-metode gebruik maak om voort te gaan met konstruksie.
OFM-nuus het berig die pad was gesluit weens sy haaglike toestand as gevolg van oorstromings tydens die reënseisoen vroeër vanjaar. Daar is ook berig dat die tender geadverteer is om die pad reg te maak.
LEES OOK: Contractor yet to be appointed for the construction of #R30
Armour merk op dat die pad berug is daarvoor dat dit verskeie lewens eis. Allhoewel dit gesluit is, maak bestuurders steeds van die pad gebruik.
Armour voeg by dat die Paaie-direkteur, Vincent Ntaka, hulle ingelig het dat kontrakteurs aangestel word om sekere kritieke paaie reg te maak.
