On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte vasgetrek met koperkabels

───   11:12 Thu, 17 Nov 2022

Verdagte vasgetrek met koperkabels | News Article
FOTO: Verskaf.

‘n Verdagte is vasgetrek met koperkabels ter waarde van R2 miljoen.

Die Noord-Kaapse polisie het op ‘n wenk gereageer en 'n wit Toyota Quantum op die N8 afgetrek en deursoek.

Hulle het beslag op 980kg koperkabels gelê, sowel as die voertuig.

’n 43-jarige man van Aliwal-Noord is in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder Dikeledi Gopane sê die polisie het hul optrede in die aanloop tot die feesgety verskerp.

Daar is reeds verskeie misdaadvoorkomingsoperasies en padblokkades in die provinsie uitgevoer.

Intussen sal die verdagte binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.