On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung-metro spreek onwettige studentehuise aan

───   BAMBATHA GIKO 15:18 Wed, 23 Nov 2022

Mangaung-metro spreek onwettige studentehuise aan | News Article

Die Mangaung-metromunisipaliteit doen inspeksies in Universitas in Bloemfontein om die kwessie van onwettige en oorbesette studentebehuising aan te spreek.

DA-raadslid van Wyk 23, Universitas, Tjaart van der Walt, sê sommige studente leef in haglike omstandighede aangesien die huise dikwels oorbeset is, met een huis wat tot byna 20 huurders het. 

Die oorvol studentehuise plaas dikwels druk op munisipale dienste, wat lei tot probleme soos rioolstorting en swak afvalbestuur.

Van der Walt verduidelik dat sommige van hierdie huise 'n ernstige gesondheids- en veiligheidsrisiko inhou omdat dit nie aan die nasionale veiligheidstandaarde en -regulasies voldoen nie.

Die Mangaung-metro doen tans inspeksies by studentehuise in Universitas om die kwessie van onwettige, oorvol studentehuise, asook die maatskaplike en gesondheidsrisiko's wat daarmee gepaardgaan, aan te spreek.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.