On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Carols beskryf as ‘absoluut amazing’

───   HEIDRÈ MALGAS 10:15 Thu, 01 Dec 2022

Carols beskryf as ‘absoluut amazing’ | News Article

SPAR OFM Carols by Candlelight was 'n magiese aand, met onvergeetlike optredes deur Demi-Lee Moore, Ruhan du Toit, Elvis Blue en Mzansi Youth wat die skare van Bloemfontein in verwondering gelaat het.

Bloemfonteiners het hul pad na die Kovsie-krieketovaal by die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus gemaak waar die toegangsfooi óf 'n ontoegedraaide kwaliteit speelding, versorgingspakkie óf skryfbehoeftes vir Kinderwelsyn was.

Hier is wat sommige van die opgewonde toeskouers te sê gehad het:

“Carols is iets wat baie lanklaas gebeur het en ek dink die hele Bloemfontein het uitgesien daarna, want dis iets om te doen en mense hou van Kersfees, veral dié tyd van die jaar - mens is moeg. Die kunstenaars wat hier is, is ‘exceptional’, 'n baie lekker aand, baie lekker weer en atmosfeer,” het een van die toeskouers gesê.

Een vrou het gesê dat dit haar sesde keer is wat sy Carols bywoon en dat sy dit baie geniet om te sien hoe die kinders speel. Sy sê ook dat dit lekker is om dit terug te hê.

Daar is ook mense wat vir die heel eerste keer die skouspel bygewoon het, en een van hulle sê “vir my is dit ‘n eerste en dit is absoluut ‘amazing’, regtig ‘amazing’.”

Nog ‘n toeskouer sê dis lekker om te sien hoe families bymekaar kom en Jesus-liedjies sing. Sy sê ook dis ‘n wonderlike geleentheid en ‘n groot voorreg om deel te kan wees van die dag.

As jy dit nie gisteraand kon maak nie, onthou jy kan steeds Kinderwelsyn Bloemfontein en Childline Vrystaat ondersteun.

Jou bydrae gaan kinderharte baie bly maak hierdie feesseisoen. Vir verdere skenkings sien: https://tinyurl.com/SPAROFMCarols

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.