On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

DBV “ontken of erken nie” uitsit van veghonde

───   HEIDRÈ MALGAS 17:00 Tue, 06 Dec 2022

DBV “ontken of erken nie” uitsit van veghonde | News Article
FOTO: PupVine

'n Aantal sosiale media-plasings doen die ronde oor Bloemfontein se Dierebeskermingsvereniging (DBV) wat glo Amerikaanse veghonde (pitbulls) wat aan die organisasie oorhandig is, “van kant maak”.

’n Optog wat deur plaaslike inwoners gereël is, het sosiale media in rep en roer gehad nadat 'n vrou, wat haar hond vir veilige bewaring aan die DBV oorhandig het, na bewering selfdood probeer pleeg het en in 'n koma beland het toe sy van haar hond se dood verneem het. 

Dit is deur een van die organiseerders van die optog, wat anoniem wil bly, bevestig.

Volgens plasings op Facebook het die Bloemfonteinse DBV 59 veghonde “van kant gemaak”.

Die organiseerder sê dat 'n vreedsame optog na die DBV beplan word ná bewerings dat die honde van kant gemaak word, glo op dieselfde dag wat die eienaars hulle oorhandig.

ALSO READ: 39-year-old mauled to death by pit bull in North West

“Ons is 'n groot pitbull-gemeenskap en ons het selfs skenkings aan die DBV gemaak. Toe ons aangedring het om die pitbulls te sien en wou weet waar die honde is, het die DBV gesê dat die honde in veilige bewaring is,” sê die organiseerder.

Die organiseerder vertel dat dit is toe wat hul besluit het om 'n optog te reël namens al die honde-eienaars, want “Pit bull lives matter”.

Reinet Meyer, hoof-inspekteur van die DBV in Bloemfontein sê, by enige DBV regoor die land beland daar in November en Desember, ook in Bloemfontein, tussen 800-1000 diere weens “onverantwoordelike eienaars”.

“Dit is 'n feit dat diere by die DBV 'n genadedood gegee word, nie net pitbulls nie, maar pitbulls is nou in die nuus,” sê Meyer.

“Ek gaan nie sê, ja ons het 59 pitbulls ‘n genadedood gegee nie, ek gaan ook nie sê, nee ons het nie 59 pitbulls 'n genadedood gegee nie. Hierdie is die werklikheid, ons kom elke dag met mishandelde diere, insluitende pitbulls, in aanraking weens onverantwoordelik eienaars,” sê Meyer.

LEES OOK: Federasie gekant teen versoeke om Amerikaanse veghonde te verbied

Die vrou wat haar hond aan die DBV oorhandig het, het ineengestort nadat sy by die organisasie opgedaag en hulle vir haar gesê het dat haar hond, Chloe, dieselfde dag wat sy haar oorhandig het, uitgesit is.

“Chloe was Liezel se terapie hond. Sy was selfs bereid om na 'n plaas te trek om haar hond te beskerm. Sy het haar hond oorhandig sodat die DBV haar veilig kon hou teen mense wie die pitbulls wou seermaak.

“Sy het elke dag gebel om te hoor hoe dit met haar hond gaan, en hulle het haar elke dag oortuig dat haar hond veilig is,” sê die organiseerder.

Die organiseerder beweer dat die DBV nie vir hulle kan sê waar die pitbulls aangehou word nie, en ook nie bewyse kon verskaf dat die pitbulls enigsins geëvalueer word soos gesê is dat hulle sou doen nie.

“Baie mense het hul honde oorgegee omdat hulle bang was dat die honde vergiftig sou word, nie vir hulle om die honde links en regs uit te sit nie.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.