Central SA
Meisie (14) steeds vermis─── HEIDRÈ MALGAS 09:27 Tue, 20 Dec 2022
'n Ma van Thabong in die Vrystaat is desperaat op soek na haar vermiste 14-jarige dogter wat al vir meer as 5 dae vermis word.
Volgens polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, het die ma, Masabata Ramathebane, op 13 Desember 2022 hul huis in Thabong verlaat om rapporte by die skool in Virginia te gaan haal en haar twee kinders by die huis gelos.
“Haar twee kinders, Thandolwethu en Buhlebenkosi Ramathebane, het geslaap toe sy weg is. Met haar tuiskoms was haar ouer dogter, Buhlebenkosi (14), nie tuis nie. Sy het na haar by haar vriende en familie begin soek, maar alles tevergeefs,” het hy gesê.

Die Thabong-polisiestasie is in kennis gestel van die voorval, en 'n vermiste persoon-lêer is geskep vir verdere ondersoek.
Enigiemand met inligting wat tot haar opsporing kan lei, moet asb. Speurder Bertus Olivier van Welkom se Ernstige en Geweldsmisdade by 082-885-5271 of Crime Stop by 08600 10111 kontak.
