Central SA
Nagtelike wateronderbrekings in Kimberley noodsaaklik─── 09:27 Thu, 22 Dec 2022
Die Sol Plaatje-munisipaliteit het gewaarsku dat alhoewel die watertoevoer Woensdagaand nie onderbreek is nie omdat sekere gebiede se watertoevoer eers later gedurende die dag herstel is, is die watervlakke nie waar die munisipaliteit dit wil hê nie.
Die nagtelike water-onderbrekings in Kimberley in die Noord-Kaap sal van Donderdagaand af voortgesit moet word — tussen 20:00 en 04:00 — sodat die watervlakke tot volle kapasiteit kan herstel.
Inwoners word versoek om enige areas waar watertoevoer nog nie herstel is nie, by die inbelsentrum aan te meld.
Afhangende van die watervlakke by die reservoirs, sal die nagtelike wateronderbrekings oor die Kersnaweek heroorweeg word en moontlik nié geïmplementeer word nie.
Die munisipaliteit het inwoners aangemoedig om water spaarsamig te gebruik.
