On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Postbank sê gerugte oor Sassa-kaarte 'is onwaar'

───   13:00 Tue, 10 Jan 2023

Postbank sê gerugte oor Sassa-kaarte 'is onwaar' | News Article

Gerugte dat die goue Sassa-kaart nie werk nie, is 'n nekslag deur Postbank toegedien.

Postbank het 'n beroep op begunstigdes gedoen om gerugte dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) se goue kaart nie meer werk nie, te ignoreer.

Postbank het OTM-onttrekkings op Sassa-kaarte in Desember tydelik opgeskort, wat sommige ontvangers van die noodtoelae gefrustreerd gelaat het. 

Postbank sê daar was 'n stelselfout wat sedertdien opgelos is en begunstigdes kan voortgaan om toegang tot hul geld te kry by OTM'e, kleinhandelaars sowel as oor die toonbank by die Poskantoortakke.
29 miljoen Suid-Afrikaanse burgers ontvang Sassa-toelaes.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.