On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

99% van leerders in Noord-Kaap geplaas

───   07:43 Tue, 17 Jan 2023

99% van leerders in Noord-Kaap geplaas | News Article
Ouers van Noord-Kaapse leerlinge drom by die onderwysdepartement se kantore in Kimberley saam. FOTO: Twitter/ActionSA

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap sê 99% van leerders wat vir graad R-, graad 1- en graad 8-plasing aansoek gedoen het, het al plek gekry.

Die departement sê hy hoop om alle oorblywende leerders te plaas wanneer skole dié week heropen.

Skole in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Noord-Kaap en Oos-Kaap heropen op Woensdag, 18 Januarie 2023.

Honderde woedende ouers het Maandag by die provinsiale onderwysdepartement se kantore in Kimberley saamgedrom in die hoop om hul kinders geplaas te kry.

Baie sê die proses om aanlyn vir plasings aansoek te doen “was 'n nagmerrie”.

Die  LUR vir onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, sê hulle is besig om die saak uit te sorteer.

“Die Noord-Kaapse departement van onderwys is bewus daarvan dat sommige ouers angstig is en steeds wag vir plasing by die departement. Ons doen ’n beroep op ouers om kalm te bly en die departement toe te laat om die plasings te finaliseer.”

“Die departement het altesaam 27 318 aansoeke ontvang en het daarin geslaag om tot dusver 99% van die leerders te plaas. Ons het nog 280 leerders wat geplaas moet word,” voeg Monakali by.

SAUK-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.