On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Dodetal van Boksburg-ontploffing styg tot 41

───   13:35 Wed, 18 Jan 2023

Dodetal van Boksburg-ontploffing styg tot 41 | News Article
PHOTO: Arrive Alive

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het bevestig die dodetal van die gastenkwa-ontploffing in Boksburg het tot 41 gestyg.

In 'n kort verklaring Woensdag op Twitter, het Lesufi 'n opdatering oor die Oukersaand-ontploffing gegee.

Die Gautengse Departement van Gesondheid het verlede week 'n diens gehou ter nagedagtenis aan die 12 gesondheidsorgwerkers van die Tambo Memorial-hospitaal wat ná die ontploffing dood is.

Die tenkwa, wat vloeibare petroleumgas vervoer het, het ontplof nadat dit onder 'n laagliggende brug in die Plantation-woongebied vasgeval het.

Lesufi het bygevoeg dat die ondersoek afgehandel is en die dossier aan die betrokke owerhede gestuur is vir 'n besluit.

Jacaranda-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.