On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Roodepan-polisie trek 14 gesoekte verdagtes vas

───   05:42 Fri, 27 Jan 2023

Roodepan-polisie trek 14 gesoekte verdagtes vas | News Article

Die Suid-Afrikaanse polisie in Roodepan, buite Kimberley, se speurtak het vroeër vanoggend 14 van die 20 gesoekte verdagtes tydens ‘n spesiale operasie in hegtenis geneem.

Die verdagtes is aangekla van poging tot moord, diefstal, roof, huisbraak en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hulle word ook gesoek vir die oortreding van beskermingsbevele.

Die verdagtes het versuim om, soos gedagvaar, in die hof te verskyn en is volgens sers. Timothy Sam in die vroeë oggendure by hulle onderskeie huise in en om Roodepan in hegtenis geneem.

Sam sê die polisie merk toenemend dat verdagtes versuim om hofdatums te eerbiedig.

Hy sê dié gedrag is ontoelaatbaar en die polisie sal nie skroom om borgtog tydens hofverskynings teen te staan nie.

 OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.