On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Nog 'n tier op vrye voet

───   09:27 Mon, 30 Jan 2023

Nog 'n tier op vrye voet | News Article
SCREENGRAB

Nog 'n tier het ontsnap en is aan die Oos-Rand in Gauteng opgemerk. Inwoners is gewaarsku om waaksaam te wees en hulle troeteldiere eers binnenshuis te hou.

Dié jong kat is glo 'n adolessent wat uit 'n huis in die Edenvale-omgewing ontsnap het. Die tier is Maandagoggend net ná 05:00 in Cabotweg, Eastleigh Ridge, opgemerk.

Die tier spring glo van huis tot huis en is vermoedelik in 'n veld bo Aitkenweg. Owerhede, insluitend die DBV, is ingelig en reeds op die toneel. Dit is nog nie bekend wie die eienaar is nie.

’n Soektog is begin met die hoop dat dié roofdier die dood kan vryspring. Vroeër vandeesmaand is 'n agtjarige tierwyfie, Sheba, doodgeskiet nadat sy van 'n erf in die Walkers Fruit Farm-gebied in Midvaal, suid van Johannesburg, ontsnap het.

"Ons het hommeltuie wat na die tier soek," het Gary Wilson van Swat SOS 24/7 gesê. "Ons probeer ons bes om hierdie een te red, nie soos die laaste een [Sheba] nie. Die DBV is ook hier. Ons is in kontak met 'n paar professionele jagters om te help."

Die gebied is glo sowat 'n kilometer weg van Greenstone Mall. Die gebeure ontvou nog.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.