On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vroue stap Kaap toe vir kinders

───   12:11 Mon, 06 Feb 2023

Vroue stap Kaap toe vir kinders | News Article

Ses vroue van Dynamic Women for Children in Vereeniging stap tans deur die Vrystaat op pad na Hartenbos in die Kaap.

Hulle het einde Januarie 2023 met dié Cape2Care-projek en staptog begin ten bate van minderbevoorregte kinders wat deur volwassenes gefaal is.

Hulle privaat sorgsentrum het ‘n koshuis nodig en hulle samel tree vir tree geld daarvoor in. As ‘n reis van ‘n duisend myl met ‘n enkele tree begin, kan ‘n mens jou net voorstel hoeveel kinders se lewens dié dinamiese vroue met ‘n staptog van 1480 km kan verander.

Een van die stappers, Michelle van Biljon, is vol lof vir die Vrystaters se gasvryheid en aanmoediging. Die groep het die afgelope paar dae deur die Vrystaat gestap en gaan nou die Oos-Kaap by Aliwal-Noord binne. Van Biljon skerts dat die Vrystaat glad nie so plat is nie en dat hulle ‘n paar uitdagende bulte aangepak het.


Hul roete:

Sondag 29 Januarie
Riviera op Vaal - Begin
Maandag 30 Januarie
Heilbron - 73km
Dinsdag 31 Januarie
Lindley - 84km
Woensdag 1 Februarie
Marquard - 106km
Donderdag 2 Februarie
Kommissie Poort - 93km
Vrydag 3 Februarie
Vanstadensrus - 97km
Saterdag 4 Februarie
Aliwal-Noord - 103km
Maandag 6 Februarie
Steynsrust Plaas -77km
Dinsdag 7 Februarie
Queenstown - 99 km
Woensdag 8 Februarie
Seymor - 117km
Donderdag 9 Februarie
Grahamstad - 123km
Vrydag 10 Februarie
PE/Gqeberha - 127km
Saterdag 11 Februarie
Jeffreysbaai - 78km
Maandag 13 Februarie
Stormsrivier - 99km
Dinsdag 14 Februarie
Plettenbergbaai - 66km
Woensdag 15 Februarie
Sedgefield - 57km
Donderdag 16 Februarie
George - 40km
Vrydag 17 Februarie
Hartenbos - 41km

Volg hulle staptog op Facebook.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.