Central SA
Verdagte gesoek ná aanval op Bainsvlei-hoewe─── BAMBATHA GIKO 11:16 Wed, 08 Feb 2023
Die verdagte in 'n aanval in Bainsvlei, buite Bloemfontein, is steeds op vrye voet.
Die polisie sê die oortreder is laas gesien met 'n swart mus, rooi baadjie, blou broek en 'n paar tekkies. Hulle doen 'n beroep op die publiek om die verdagte te help opspoor.
Polisiewoordvoerder Thabo Covane sê die voorval het Saterdag 4 Februarie 2023 plaasgevind. Een van die slagoffers, Hano Pienaar, het gesê hy het wakker geword toe hy sy broer, Johan, uit 'n ander kamer hoor roep het. Die slagoffer het sy broer en sy ma, Frannie, probeer help, wat in 'n plas bloed gelê het weens 'n steekwond aan haar nek. Johan het ook erge snye aan sy kop.
Covane sê die twee slagoffers is vir behandeling hospitaal toe geneem.
Enigiemand met inligting word gevra om Sersant Mokete Godfrey Motsoa te kontak (082-466-7255). Hulle kan ook die polisie se Crime Stop-nommer gebruik (08600-10111) of die MySAPS-App.
