On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap se hoë swangerskapsyfers belemmer onderwys

───   14:30 Mon, 13 Feb 2023

Noord-Kaap se hoë swangerskapsyfers belemmer onderwys | News Article

Nie-regeringsorganisasies in die Noord-Kaap het gesê die toenemende koers van tienerswangerskappe in skole is kommerwekkend.

In 'n vergadering wat die onderwysdepartement en organisasies gehou het om tienerswangerskappe te bespreek, het dit aan die lig gekom dat dié probleem 'n toename in skoolverlaters veroorsaak.

Die provinsie het vanaf April 2020 tot Junie 2021 meer as 5 000 tienerswangerskappe aangeteken.

’n Kimberley-gebaseerde, 20-jarige meisie het as 15-jarige swanger geraak nadat sy in 2015 na bewering deur ’n man wat aan die familie bekend is, verkrag is.

Ná haar swangerskap moes die meisie haar skool verlaat. Sy sê die ervaring het haar lewe vir altyd verander. “Ek het ellendig gevoel. Ek was bang om my ma te vertel. Ek was bang. My suster het uitgevind ek is swanger toe sê my ma sy sal my baba aanvaar.”

Die meisie se ma sê hulle was verpletter nadat haar dogter se vermeende verkragter die bewerings ontken het dat die kind syne was.

Volgens Statistieke Suid-Afrika was meer as 45 000 geboortes in 2021 deur moeders 17 jaar en jonger; en 42 van hierdie geboortes was deur moeders tussen die ouderdomme van 11 en 12 jaar.

Volgens SABC het die nie-regeringsorganisasie Batho Pele se verteenwoordiger, Thapelo Mookwa, intussen 'n beroep gedoen op samewerking om tienerswangerskappe aan te pak.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap dat ons ons kinders opvoed terwyl hulle nog jonk is. Laat ons opvoedingsprogramme daarstel. Kom ons werk saam met die Departement van Onderwys. Dit moet ’n multi-sektorale ding wees, so ons sê vir die departement, laat die NRO’s in skole werk om te kan help.”

Intussen is armoede en 'n gebrek aan seksvoorligting geïdentifiseer as van die bydraende faktore wat lei tot die hoë tienerswangerskapsyfer in Suid-Afrika.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.