On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Soektog na mans in Vaalrivier duur voort

───   05:53 Wed, 15 Feb 2023

Soektog na mans in Vaalrivier duur voort | News Article
Die Vaalrivier naby Warrrenton.

Die polisie in Warrenton, vergesel van die provinsiale polisie se soek-en reddingseenheid van die Noord-Kaap, soek steeds na die twee mans wat Sondag tydens ‘n geestelike ritueel in die Vaalrivier naby die dorp vermis geraak het.

Die provinsiale polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê die mans het volgens geestelike leiers op die toneel omstreeks 16:00 vermis geraak.

Hy sê die soek- en reddingseenheid, wat duikers insluit, fynkam tans die omgewing waar die mans vermis geraak het.

Die polisie het intussen ‘n beroep gedoen op inwoners langs die riviere, wat die Vaal- en Oranjeriviere insluit, om versigtig te wees omdat die stroomsterkte van ‘n rivier nooit onderskat moet word nie en dit tot verdrinkings en beserings kan lei.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.