On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Onsekerheid knaag aan familie van ontvoerde oud-Vrystater (75)

───   BAMBATHA GIKO 14:15 Fri, 17 Feb 2023

Onsekerheid knaag aan familie van ontvoerde oud-Vrystater (75) | News Article

Die familie van die oud-Vrystaatse boer wat Sondag in Paraguay ontvoer is, het steeds geen tyding oor hom ontvang nie.

Die Department van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, bekend as Dirco, sê wetstoepassers in die Suid-Amerikaanse land het hom verseker hulle soek steeds na Danie Coetzee (75), wat na bewering deur ‘n Marksistiese splintergroep ontvoer is vir 'n losprys van sowat R5,4 miljoen.

“Wetstoepasingsagentskappe werk nog aan die saak en hou ons gereeld op die hoogte,” sê Clayson Monyela, departementele woordvoerder, “maar tot dusver het hulle geen sukses behaal nie.”

Die laaste keer wat enigeen van hom gehoor het, was toe hy sy vrou, Martie, kort ná die ontvoering van sy eie selfoon gebel het om te sê hoeveel sy ontvoerders eis.

LEES OOK: Rebellegroep ontvoer oud-Vrystater in Paraguay

Luidens berigte het hy gesê hulle moet hom dan maar skiet omdat daar geen manier is wat hy soveel geld sal kan betaal nie.

‘n Anonieme familielid het aan Landbouweekblad gesê dit sal hulle mal maak om te bespiegel oor of hy nog leef. “Ons gedagtes kan nie eens daarheen gaan nie.”

Danie se jonger broer, Mauritz, ’n meganiese ingenieur in Pretoria, het aan die tydskrif gesê hulle hande is afgekap tot hulle weer van die ontvoerders hoor. “Ongelukkig moet ons realisties wees, statisties gesproke is die kans baie skraal dat iemand (so lank ná sy ontvoering) nog ongedeerd sal wees – of selfs leef.”


Intussen hou die gemeenskap van Melgarejo, Independencia, Guariá, Vrydagaand ‘n vreedsame optog vir die vrylating van Coetzee. Volgens Paraguay se grootste koerant, ABC Color, dring hulle daarop aan dat die owerhede hulle ingelig hou oor verwikkelings in die ondersoek.

“Daar is geen antwoorde nie. Ons vra die ondersoek[span] moet opskud,” het Eva Cristaldo, 'n plaaslike gemeenskapsaktivis, aan die koerant gesê. “Ons ken hierdie man. Ons weet dat hy oud en sieklik is, dat hy medisyne nodig het. Hy het die reg om vry te wees.”

LEES OOK: Dirco se hande afgekap in ondersoek na ontvoerde boer

Polisiebeamptes gaan voort met ‘n intense soektog in die landerye van Coetzee en sy bure se eiendom.

“Ons gaan voort met die taktiese span en die helikopter wat die omgewing fynkam, maar tot dusver het ons geen sukses gehad nie,” sê genl. Wilberto Sanchez, die direkteur van die Guairá-polisie. “Die polisie en ander wetstoepassers het die roete gevolg waar Coetzee ontvoer is om die gebeure te rekonstrueer. Hulle het ook met sy voorman gepraat.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.