Central SA
Douglas-inwoners gewaarsku teen moontlike oorstromings─── BAMBATHA GIKO 06:00 Sun, 26 Feb 2023

Inwoners van Douglas in die Noord-Kaap berei hulle voor vir ontruiming te midde van kommer oor moontlike oorstromings.
'n Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê watervlakke kan effens afneem nadat vier Vaaldam-sluise gesluit is.
Sy sê egter watervlakke bly tans hoog as gevolg van invloei vanaf die Bo-Vaal- en Bo-Oranjerivier.
Die departement het ook 'n afname in waterkapasiteit by die Vaaldam gerapporteer nadat nog twee sluise Saterdag gesluit is.
Moavasa sê die Vaaldam is 113% vol. Die Bloemhofdam het van 112% tot 109% gedaal met uitvloei wat geleidelik afgeneem het van 3 800 kubieke meter per sekonde tot 3 600 kubieke meter per sekonde om 09:00, toe tot 3 400 kubieke meter per sekonde om 12:00 en verder tot 3 200 kubieke meter per sekonde om 15:00.
Die Gariepdam staan op net oor die 111% en die vlak van die Vanderkloofdam is 110%.
Intussen sê Quinton Jacobs van die Suid-Afrikaanse Weerdiens somerdonderbuie kan Sondag verwag word.
Dit hou 'n risiko in aangesien damme reeds oorvol is.