On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Mangaung-skool ontwrig distriksatletiekbyeenkoms

───   BAMBATHA GIKO 12:55 Sun, 26 Feb 2023

Mangaung-skool ontwrig distriksatletiekbyeenkoms | News Article
FOTO deur Andrea Piacquadio: https://www.pexels.com/photo/fit-runner-standing-on-racetrack-in-athletics-arena-3756165/

Bloemfonteinse ouers was ontevrede omdat 'n onbekende skool Saterdagaand die distriksatletiekbyeenkoms ontwrig het.

Skole van oral in Bloemfontein het elke jaar interskole-atletiek en word vereis om in te skryf voor deelname. Een skool kon egter nie voor die sluitingsdatum aanmeld nie. Die skool, met 'n swart-en-wit uniform, het die Vrystaat-atletiekstadion bestorm en alle aktiwiteite is gestaak.

’n Ontstoke ouer het aan OFM-nuus gesê die skool is tot Saterdagoggend kans gegun om hul atletiekspan in te skryf, maar het nie daarin geslaag nie. Na bewering wou die skool inskryf die aand wat die geleentheid plaasgevind het. Toe hulle egter meegedeel is dat hulle nie op die laaste minuut kon inskryf nie, het die skool die atletiekveld betree en aktiwiteite kon nie plaasvind nie.

Ná ’n uur se pogings om die betoging te stuit, is die kommentator gedwing om die geleentheid te kanselleer en die ouers en leerders huis toe te stuur. Dit is nog onbekend watter skool die ontwrigting veroorsaak het.

Dit is onduidelik of die geleentheid geherskeduleer sal word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.