On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kuruman-polisie lê beslag op 63 dobbelmasjiene

───   05:31 Mon, 06 Mar 2023

Kuruman-polisie lê beslag op 63 dobbelmasjiene | News Article
FOTO: Ter illustrasie

Lede van die Kuruman se openbare-orde polisiëringeenheid het vyf verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vragmotor met 63 onwettige dobbelmasjiene voorgekeer het.

Die polisie het inligting opgevolg en die vragmotor by ‘n vulstasie in Kagung buite Kuruman opgemerk en dit in die dorp voorgekeer, sê die polisiewoordvoerder, Sergio Kock.

Die polisie het 63 dobbelmasjiene, 154 muntvoerders en ander verwante toerusting in die vragmotor gevind en daarop beslag gelê. Ná raming is die items sowat R439 000 werd.

Die kommissaris van die John Taolo Gaetsewe-distrik, Johnny Besnaar, het die polisie geloof vir hul oplettendheid en die vinnige reaksie om die verdagtes op te spoor en aan te keer.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.