On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Emfuleni ontvang gekwalifiseerde ouditverslag

───   06:55 Wed, 08 Mar 2023

Emfuleni ontvang gekwalifiseerde ouditverslag | News Article

Die Emfuleni -munisipaliteit, wat Evaton, Sebokeng, Vaaloewer, Vanderbijlpark en Vereeniging bedien, het 'n gekwalifiseerde ouditverslag van die ouditeur-generaal (OG) vir die 2021/22-finansiële jaar ontvang.

Volgens ‘n lid van die Vryheidsfront Plus wat in die raad dien, Gerda Senekal, beloop die munisipaliteit se onreëlmatige uitgawes R232 305 800, verkwiste uitgawes R827 881 210 en ongemagtigde uitgawes R2 708 864 475.

Senekal noem verder dat kragverliese in die munisipaliteit 23% of R598 miljoen en waterverliese 63,7% of R733 miljoen van die totale grootmaataankope beloop. “Onwettige krag- en waterverbindings en waterlekkasies dra by tot hierdie verliese,” sê sy.

“Inwoners ervaar daagliks die wanbestuur van die munisipaliteit, waaronder riool wat in strate vloei. 

"Die gehalte van uitvloeisel by die afvalwaterbehandelingsaanlegte voldoen nie aan die voorskrifte van lisensievoorwaardes soos vervat in die Nasionale Waterwet nie. Toetse om die kwaliteit van die uitvloeisel vas te stel is agt maande gelede uitgevoer maar geen maatreëls is daarna getref om aan die wetlike voorskrifte te voldoen nie.”

Die OG se aanbevelings aan die munisipaliteit is:

•  Vakatures moet gevul word;

•  Interne beheer moet versterk word;

•  Bevindinge en oorsake wat in die OG-verslag aangedui is, moet aangespreek word;

•  Aanbevelings en advies om herhalings te voorkom moet uitgevoer word;

•  Maatreëls om prestasie te verseker moet in werking gestel word;

•  Risikobestuur-prosesse moet versterk word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.