On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Oudburgemeester se verhoor weer vertraag

───   06:53 Tue, 14 Mar 2023

Oudburgemeester se verhoor weer vertraag | News Article
Kgotso Khumal, voormalige burgemeester van die JB Marks-munisipaliteit.

Die Ventersdorp-streekhof het die bedrog-en-diefstalverhoor van die 52-jarige Kgotso Khumalo, oudburgemeester van die JB Marks-munisipaliteit in Potchefstroom, tot 14 April 2023 uitgestel.

Khumalo en twee medebeskuldigdes, Mohau Shuping en Cyril Hendry, staan tereg op agt aanklagte van bedrog en diefstal van munisipale geld. Hulle pleit onskuldig gepleit op alle aanklagte.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes, sê die verhoor sal later hervat om Shuping tyd te gun om ’n nuwe regsverteenwoordiger aan te stel.

“Die verhoor is by talle geleenthede uitgestel weens Khumalo se swak gesondheid wat sedertdien verbeter het, wat hom geskik maak om met die verhoor voort te gaan,” sê Mamothame.

Die aanklagte teen hulle spruit uit bewerings dat die Noordwes-Universiteit en ’n program vir gemeenskapsontwikkeling R5 miljoen in ’n trustrekening van ’n regsfirma, Willem Coetzee Prokureurs, inbetaal het vir die gebruik van spesifieke projekte deur die munisipaliteit.

Die firma was deel van ’n paneel van prokureurs wat deur die JB Marks-munisipaliteit aangestel is om sy wetlike en finansiële mandate deur middel van ’n trustfonds te bestuur.

LEES OOK: Trial date of former North West mayor postponed

Die firma is opdrag gegee om verskeie betalings te doen, waaronder ’n bydrae van R208 000 aan die burgemeesterskomitee vir die begrafnis van Duma Ndleleni, die LUR vir Landbou, wat in November 2018 oorlede is.

Twee bedrae van R35 000 is aan Kagisano Funerals betaal vir dieselfde begrafnis, wat die begrafnisondernemer beweer nooit ontvang is nie.

Nog R32 000 is na bewering aan Roche Trading betaal vir dienste gelewer by die begrafnis. R210 000 is ook uitgelig as ’n vorm van betaling aan ’n regsfirma, Langford and Sons Projects, vir ’n Australiese sokkertoer wat deur Hendry onderneem is.

LEES OOK: Trial date set for former JB Marks mayor and co-accused

Daar is ontdek dat R200 000 direk in die rekening van een van die beskuldigdes inbetaal is, en daaruit is ’n bedrag van meer as R64 000 betaal aan ’n instelling waar Khumalo se familielid ’n student was.

Twee nieregeringsorganisasies (NRO’s) moes ’n bedrag van R50 000 elk ontvang maar R100 000, in plaas van R50 000, is aan elke NRO betaal.

Mamothame sê die staat beoog om meer getuies te roep om te bewys dat vals fakture geskep is om meer fiktiewe betalings te bewerkstellig.

“Die staat is gereed om met die verhoor voort te gaan en hoop dat geen verdere vertragings ondervind sal word nie.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.