On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vyf onwettige myners in Vrystaat ‘tereggestel’

───   17:08 Wed, 15 Mar 2023

Vyf onwettige myners in Vrystaat ‘tereggestel’ | News Article

Die polisie in die Vrystaat het ’n soektog van stapel gestuur nadat vyf mense, wat vermoedelik onwettige mynwerkers is, by die Central Plant-mynperseel in Virginia doodgeskiet is.

Die voorval het Dinsdag 14 Maart omstreeks 12:55 gebeur.

“Met die polisie se aankoms is vyf lyke op die perseel gevind. Die motief van die moorde is onbekend en verdagtes is op vrye voet. Voorlopige ondersoek toon dat hulle op teregstellingstyl geskiet en vermoor is,” sê Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

“Een van die vyf vermoordes is as ‘n Mosambiekse burger geïdentifiseer. Hy is uitgeken deur sy broer wat in Thabong, Welkom, woon.”

Thakeng sê ’n saak van vyf moorde word ondersoek.

“Enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek en om die oorledenes te identifiseer, word versoek om speurkaptein Amos Mlangeni van die Virginia-speurtak by 082-445-6050 of die  Stop Misdaadnommer, 08600-10111, te kontak.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.