On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Drie vas oor gesteelde Mercedes

───   08:14 Mon, 20 Mar 2023

Drie vas oor gesteelde Mercedes | News Article
Die Mercedes-Benz wat as gesteel in Welkom aangemeld is. FOTO: SAPD

Drie verdagtes sal na verwagting Maandag, 20 Maart 2023 in Welkom se landdroshof verskyn nadat hulle Saterdag met ‘n Mercedes-Benz, wat glo in Welkom gesteel is, betrap is.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie van Welkom het Saterdag inligting oor 'n gesteelde Mercedes-Benz ontvang. Die motor was glo van Bothaville na Welkom onderweg.

Die polisie het die motor op die R30-pad naby Odendaalsrus opgemerk en voorgekeer.

“Drie verdagtes, twee mans en 'n vrou, onderskeidelik 36, 37 en 26 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig. Die verdagtes staan ook tereg op aanklagte van bedrog en oortreding van die Immigrasiewet,” sê Thakeng.

Die verdagtes is gevind met 'n vals rybewys en in besit van die eienaar van die voertuig se Capitec-bankkaart en registrasievorms van die voertuig.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.