On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Valke soek na man wat vrou uit R2 miljoen kul

───   16:22 Wed, 22 Mar 2023

Valke soek na man wat vrou uit R2 miljoen kul | News Article

Die Valke in Noordwes is op soek na 'n man wat volgens hulle 'n persoon van belang is in 'n saak waar 'n vrou uit R2 miljoen gekul is.

Polisiewoordvoerder Tlangelani Rikhotso sê die saak word deur die Valke in die provinsie ondersoek.

“Die man is 'n persoon van belang in 'n aangemelde saak waar 'n 54-jarige vroulike slagoffer na bewering tussen Mei en Augustus 2022 uit meer as R2 miljoen van haar pensioenuitbetaling bedrieg is.”

Rikhotso het gesê die vrou het die man aanlyn op die "Badoo-afspraakwebwerf" ontmoet.

"Enige persoon met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, lt.kl. Morné Grobler by 082-334-8667 te kontak."

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.