On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Oud-Vrystater sterf in Australië ná weerligstraal

───   08:48 Fri, 31 Mar 2023

Oud-Vrystater sterf in Australië ná weerligstraal | News Article
Dirk Kotze. FOTO: Facebook

’n Voormalige inwoner van Sasolburg in die Vrystaat, Dirk Kotze (56), wat jare gelede na Australië geëmigreer het, is Donderdag (30/3) in die hospitaal dood nadat hy drie weke gelede op ’n gholfbaan in Brisbane deur weerlig getref is.

Die voorval het op 12 Maart by die Wantima-gholfbaan in Brendale plaasgevind, berig Maroela Media.

Skarefinansiering is ná die voorval begin om sy hospitaalonkoste te help dek. Sy familie het intussen in ’n verklaring op die betrokke blad hul dank uitgespreek vir almal se ondersteuning. Hy was deur geliefdes omring toe hy dood is.

“Die trauma wat deur die voorval en die daaropvolgende hartstilstand opgedoen is, was te beduidend vir sy liggaam om te herstel. Sy familie put groot vertroosting in die wete dat hy nou vrede het en onderhou word deur sy groot geloof in God met die wete van sy eindbestemming.”

Kotze word oorleef deur sy vrou, Hannelé, dogter, Dané, en seuns Tiaan en Duan.

“Die hele familie betuig weereens hul uiterste dankbaarheid aan die lede van die gemeenskap en medici wat onvermoeid gewerk het om sy lewe te red en aan almal in die gemeenskap reg oor die wêreld wat liefde, ondersteuning en gebede gestuur het.

“Dirk was ’n man wat bekend was daarvoor dat hy ’n groot persoonlikheid gehad het. Sy geloof in God en liefde vir mense het hom gedefinieer – hy sou nie huiwer om sy eie lewe tot stilstand te bring om iemand anders in nood te help nie.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.