On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Help Kimberley weer skitter

───   CHARNÉ KEMP 14:14 Fri, 31 Mar 2023

Help Kimberley weer skitter | News Article
Die geskiedkundige Kimberley-stasie, waar toeriste op die Blou Trein en Rovos Rail gereeld aandoen. FOTO: Charné Kemp

Die Kimberley-vrywilligergroep Bring Back the Sparkle vra vrywilligers en skenkers se hulp om Saterdagoggend (1/4) die geskiedkundige stasie en ander toeristebestemmings in Kimberley skoon te maak.

Die groep het verlede jaar met sy ontstaan blomme by die stasie-ingang geplant. Sedertdien het hulle verskeie ingange op hoofroetes na die stad skoongemaak.

Die groep bestaan uit vrywilligers wat staatmaak op ondernemings se skenkings om werkloses met betaling en kos te vergoed vir hul opruimingswerk. Alle projekte word met die ondersteuning en onder leiding van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen.

Bring Back the Sparkle se voorsitter, Hendrik Coetzee, sê vrywilligers en werkers gaan die stasie skoonmaak en van daar met die tremroete verby die Star of the West beweeg tot by die Groot Gat om vullis in swart sakke op te tel.

Buitelandse toeriste wat op die Blou Trein en Rovos Rail ry, besoek die Groot Gat as deel van hul toer.


Sanet Gouws, voormalige voorsitter van die Kimberley-groep, Bring Back the Sparkle, verduidelik waar hulle Saterdagoggend gaan skoonmaak.

“Ons het vrywilligers nodig om te help werk,” sê Coetzee. “Trek ou klere en gemaklike skoene aan, dra ’n hoed en handskoene en onthou om sonroom aan te smeer. Bring ’n tuinvurkie en water om te drink.”

Hulle werk van nege- tot een-uur.

Coetzee sê hulle kort skenkings om werklose persone te betaal om te help. “Enige kontant wat gebruik word om werkers te betaal, moet slegs aan my as die voorsitter gegee word.

“Ons wil graag die werkers ook ’n brood en ’n kospakkie gee.”

Nog ’n behoefte is swart sakke om die vullis op te tel. Mense kan skenkings na die stasie bring of by die drie takke van Kimberley Pet Products in Rhodesdene, Monumenthoogte en New Park aflaai.

Die Diamantstad is intussen onlangs benoem vir die KykNET Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie, en die stemmery begin later.

Sanet Gouws, voormalige voorsitter van die Kimberley-groep, Bring Back the Sparkle, verduidelik waar hulle Saterdagoggend gaan skoonmaak.

OFM News/Charné Kemp

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.