Central SA
Verdagte lieg hom glo vas oor R4 800 se vervalste note─── 09:37 Fri, 07 Apr 2023
’n Man kom na verwagting binnekort in Bloemfontein se landdroshof voor nadat hy met R4 800 se vervalste banknote betrap is.
Beamptes van die Mangaung-polisiekantoor se afdeling vir sigbare polisiëring het Woensdagoggend (5/4) mense in die Joe Slove-gebied voorgekeer en deursoek toe hulle ’n stapel vervalste Suid-Afrikaanse note in die besit van die 28-jarige kry.

Die polisie kon dadelik sien die stapel R100-note is vervals. Foto: SAPD
Die polisie sê beamptes kon dadelik sien die note is nie eg nie. Hulle het die verdagte ondervra, maar hy het homself weerspreek oor waar die note vandaan kom.
Hy word aangekla van die besit van nagemaakte banknote en bly in aanhouding tot sy eerste hofverskyning.
