On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Clarens-man (54) reeds dae lank vermis

───   MORNÉ VAN ROOYEN 15:31 Fri, 07 Apr 2023

Clarens-man (54) reeds dae lank vermis | News Article

Clarens se polisie vra inwoners van dié Oos-Vrystaatse dorpie moet help soek na ’n bekende inwoner wat reeds einde Maart vermis geraak het.

Die provinsiale polisie het Donderdag (6/4) by navraag gesê hulle kan nie nadere besonderhede oor die soektog na Gavin Burls (54) bekend maak nie; hulle ondersoek is in ’n sensitiewe stadium. In ’n mediaverklaring sê hulle Burls is laas gesien toe hy sy huis te voet verlaat het.  

“’n Soektog het nog geen vrugte afgewerp nie,” lui die verklaring, “en familie en vriende is genader om vas te stel waar hy moontlik kan wees, maar sonder sukses.”

In inskrywings op sosiale media skryf die gemeenskap van Clarens Burls is laas op Vrydag 31 Maart omstreeks 14:00 n ’n denim en ligblou langmouhemp op die dorp gesien. Hy het yl blonde hare, is 1,8 m lank en het blou oë.

‘Gavin en sy familie is bekend en bemind in Clarens’

Intussen is inwoners gevra om Woensdagaand (5/3) om 18:00 waar hulle ook al is aan ’n massagebed deel te neem en te bid vir kalmte, geloof, liefde en wysheid.

“Gavin en sy familie is bekend en bemind in Clarens. Die Burls-familie is al meer as 60 jaar deel van Clarens se gemeenskap,” skryf Michael Scheepers by die gebedsversoek op Facebook.

Enigeen met inligting oor waar Burls hom bevind, kan Ralph Burns bel by 082 800 8821, Johan Steyn by 072 483 6151 of Clarens se polisie by 082 466 7624.

OFM Nuus/Morné van Rooyen


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.