On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Man ná besoek aan sekswerker glo deur amptenaar afgepers

───   12:29 Sat, 15 Apr 2023

Man ná besoek aan sekswerker glo deur amptenaar afgepers | News Article
PHOTO: Twitter/SAPS

’n Staatsamptenaar (49) het Vrydag 14 April in die Gqeberha-landdroshof op 27 aanklagte van korrupsie verskyn nadat sy na bewering ’n reuse-bedrag van ’n man afgepers het nadat hy ’n sekswerker besoek het.

Die verdagte is Donderdag 13 April in hegtenis geneem danksy 'n intelligensie-gedrewe operasie deur die Valke se ondersoekeenheid na ernstige korrupsie en die ondersoekspan na ernstige handelsmisdaad in Gqeberha.

Daar word beweer dat die klaer in Februarie 2022 met 'n vermeende sekswerker in Gqeberha betrokke was. Kort ná die voorval in Februarie 2022 het die klaer talle oproepe van 'n sogenaamde speurder van Durban ontvang, wat aangevoer het dat ’n saak van verkragting en bedrog ondersoek word.

Dié sogenaamde speurder het gesê dat sy sy lewe kon verwoes aangesien hy die res van sy lewe in die tronk sou deurbring en dat 'n lasbrief vir sy inhegtenisname reeds uitgereik is. 

Daar word verder beweer dat 'n bedrag van R390 500 suksesvol van die slagoffer afgepers is, wat glo in die vermeende afperser se bankrekening gedeponeer is.

Die saak is by die Valke aangemeld vir 'n deeglike ondersoek. Tydens die interaksie met die ondersoekbeampte het die verdagte, wat bevestig is as 'n staatsrekenmeester van die Departement van Arbeid in Pretoria, aangebied om 'n bedrag van R50 000 te betaal om die dossier te laat vernietig. Die ondersoekbeampte het voorgegee om met die plan akkoord te gaan. Die ooreenkoms was op 'n aanvanklike betaling van R30 000. Die verdagte het glo ingestem om na Gqeberha te vlieg en dit te betaal. Die oorblywende R20 000 sou later betaal word.

Die oorhandiging van die geld (R30 000) is deur lede van die gesamentlike operasie waargeneem en die verdagte is op 13 April 2023 op die Gqeberha-lughawe aangekeer. Sy sal haar eerste hofverskyning in die Gqeberha-landdroshof maak om haar lot te bepaal. Die gesamentlike span is deur die waarnemende provinsiale hoof, brigadier Venessa Hastings, vir die uitstekende werk geprys.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.