Central SA
Wateronderbreking uitgestel tot ná fees, skolesport─── 08:23 Mon, 17 Apr 2023
’n Beplande wateronderbreking is deur die Sol Plaatje Munisipaliteit na Mei uitgestel ter wille van die Islam Eid-fees en Wildeklawer se skolesport wat in Kimberley in die Noord-Kaap aangebied gaan word.
Die munisipale woordvoerder Thoko Riet het gesê hierdie besluit, rakende die beplande wateronderbreking, is geneem om die Islam Eid-fees en die Wildeklawer-skolesportnaweek se besoekers te kan huisves. Die raad het die naweek besluit om die wateronderbreking wat vir 21 tot 23 April vanjaar beplan was, na 5 tot 7 Mei vanjaar uit te stel.
Die munisipaliteit sal volgens Riet bystand verleen deur watertenks beskikbaar te stel in die gebiede regoor die stad wat deur die onderbreking geraak sal word. Herstelwerk aan pyplyne en lekkasies sal in hierdie tyd gedoen word.
