Central SA
Inentingsveldtog teen masels in Noord-Kaap begin─── 10:44 Sun, 23 Apr 2023
Die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid in die ZF Mgcawu-streek het begin met ’n inentingsveldtog teen masels as voorsorgmaatreël vir kinders van 1 jaar tot 14 Jaar.
Anna Mbova van die departement sê ouers moet verseker dat hulle kinders teen dié lewensgevaarlike siekte ingeënt word.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) sê meer as 1 000 gevalle van masels is reeds landwyd gerapporteer, met Limpopo wat die eerste gevalle gerapporteer het.
Die Verenigde Nasies se kinderfonds UNICEF help om die inentingsveldtog te bestuur en is van mening dat die jongste uitbraak te wyte is aan miljoene jong kinders wat hulle roetine-entstowwe tydens die Covid19-pandemie gemis het.
