On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Kommer oor talle inbrake by skool in Rosedale

───   10:31 Wed, 26 Apr 2023

Kommer oor talle inbrake by skool in Rosedale | News Article

Die bestuur van die Hoërskool AJ Ferreira in Rosedale buite Upington beplan ’n vergadering met die gemeenskap, polisie, Departement van Onderwys en die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit weens die toenemende inbrake by dié skool.

Die skoolhoof, Raymond Esterhuizen, sê daar word byna elke tweede aand ingebreek, die vandale rig groot skade aan, en die heining is ook al gesteel.  

Die skool se omheining is ook afgesteel. FOTO: Verskaf

Hy vra dat die gemeenskap en ouers die vergadering Dinsdagaand by die skool moet bywoon sodat oplossings vir die inbrake gevind kan word.  

Esterhuizen sê dit is kommerwekkend dat die gemeenskap stilbly oor die inbrake, veral omdat dit die kinders se onderrig ontwrig.

Die hoof van onderwys in die streek, Gorden March, sê skole moet begin eienaarskap neem en diegene wat vir inbrake en vandalisme verantwoordelik is, by die betrokke wettoepassingsagentskappe rapporteer.  

OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.