On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-swemmers wen armsvol medaljes op SA’s

───   12:55 Wed, 26 Apr 2023

Noordwes-swemmers wen armsvol medaljes op SA’s | News Article
Die Suid-Afrikaanse skoleswemkampioenskap is in Durban gehou. FOTO's: Verskaf

Noordwes se skoleswemspan het 39 medaljes op die Suid-Afrikaanse skole-swemkampioenskap in Durban gewen.

Die 46 lede van Noordwes se skoleswemspan het met armsvol medaljes, 39 in totaal, van Durban teruggekeer waar hulle aan die Suid-Afrikaanse skole-swemkampioenskap deelgeneem het.

Die swemmers is tussen 12 en 19 jaar oud en het te midde van sterk mededinging van swemmers van Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap goeie rekenskap van hulself in die verskillende afdelings gegee.

Hulle het sewe goue, 17 silwer- en 15 bronsmedaljes gewen, tot groot blydskap van ouers, onderwysers, afrigters en ondersteuningspersoneel wat deel was van die Noordwesspan.

Die Noordwes se skoleswemspan was baie suksesvol op die Suid-Afrikaanse skoleswemkampioenskap in Durban. FOTO: Verskaf

“Ons moedig ouers aan om hul kinders in sportsoorte soos watersport te ondersteun. Hulle kan selfs 'n bestaan maak deur sport te beoefen, aan die Olimpiese Spele en ander wêreldkampioenskappe deelneem en so ons pragtige land verteenwoordig. Ons is trots op ons seuns en dogters.”

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.