On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Beskuldigde in liefdesdriehoek-saak gevonnis

───   09:52 Fri, 28 Apr 2023

Beskuldigde in liefdesdriehoek-saak gevonnis | News Article

Die 49-jarige Keamogetse Johannes Dithae is in die Kuruman Streekshof tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op ‘n 37-jarige man in Desember 2022.

Die Hof het gehoor die voorval het voortgespruit uit ‘n liefdesdriehoek.

Die oorledene was in ‘n verhouding met Dithae se vorige meisie. Dithae het die man met ‘n mes aangeval nadat hy hom en die vriendin genader het.

Die John Taolo Gaetsewe bevelvoerder, Majoor Generaal Johnny Besnaar, het ondersoekbeampte Mojaki Obed geloof vir sy ondersoek, wat tot die vonnisoplegging gelei het.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.