On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Enkele verdagtes ná transitorooftog in Bloemfontein aangekeer

───   HEIDRÈ MALGAS 09:45 Thu, 11 May 2023

Enkele verdagtes ná transitorooftog in Bloemfontein aangekeer | News Article

Drie Fidelity-sekuriteitsbeamptes is in hegtenis geneem en sal op Vrydag 12 Mei 2023 in die hof verskyn weens hul beweerde betrokkenheid by een van die grootste transitorooftogte tot nog toe in Bloemfontein.

Volgens die Valke-woordvoerder, Christopher Singo, was daar na bewering sowat 20 verdagtes betrokke.

Singo sê die sekuriteitsbeamptes is tussen 53 en 60 jaar oud en is ná verdere ondersoek deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in Bloemfontein in hegtenis geneem.

“Hulle inhegtenisneming spruit uit die voorval wat op Dinsdag 9 Mei 2023 plaasgevind het, toe die gepantserde voertuig van Fidelity van die maatskappy se depot na Bloemfontein se sakekern op pad was om kontant af te lewer,” het hy gesê.

Die transitorooftog is in McKenziestraat, New East End, in Bloemfontein aangemeld en die polisie het van die verdagtes gejaag wat te voet gevlug het.

LEES OOK: Police chase after cash heist in Bloemfontein - PHOTOS

Daar word volgens Singo beweer dat die veiligheidsbeamptes deur die groep swaar gewapende verdagtes aangerand is.

Die verdagtes het van die misdaadtoneel gevlug, waarna die polisiejaagtog gevolg het. Hulle het na bewering in die rigting van die Bloemfontein-gholfbaan en omliggende gebiede gehardloop. 'n Polisiehelikopter en hommeltuig het vanuit die lug die verdagtes probeer opspoor.

“Die gewapende rowers het die veiligheidsbeamptes opdrag gegee om uit die gepantserde voertuig te klim. Hulle het toe plofstof gebruik om die kluis en die valkluis van die pantservoertuig op te blaas. Die verdagtes het 'n onbekende bedrag geld en drie vuurwapens van die veiligheidsbeamptes geneem en van die toneel gevlug,” het Singo gesê.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.