On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Jong Vrystaters neem deel aan internasionale danskompetisie

───   10:47 Sun, 14 May 2023

Jong Vrystaters neem deel aan internasionale danskompetisie | News Article
Dominique en Chelsea Joubert/FOTO: Verskaf

Twee jong Vrystaters neem vanaf 15 tot 22 Mei deel aan ’n internasionale danskompetisie.

Dominique en Chelsea Joubert is onderskeidelik graad 7 en graad 4 leerders aan die Primêre Skool Naudéville in Welkom. Hulle het op 13 Mei saam met ‘n groep dansers, afrigters en ondersteuners na Porec in Kroasië vertrek.

Aan die einde van 2022 het dié twee dansers aan die eindronde van die DanceStar-kompetisie in Pretoria deelgeneem. Daar het hulle gekwalifiseer om vanjaar aan die DanceStar-wêreldeindronde in Kroasië deel te neem.

Dominique en Chelsea is deel van ’n groep van 4 000 dansers van 28 lande wat volgende week die dansskoene aantrek.

OFM-nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.